KWAZULU-NATAL. – ‘n Bakkie het gister op die R614 rigting Bhamshela teen ‘n wal af gerol. Vier persone, van wie twee kritiek, is beseer.
IPSS Medical Rescue en IPSS Search en Rescue is na die toneel.
Vier insittendes van die bakkie het tydens die rol van die voertuig uitgeval en was oor ‘n area van 20 meter versprei.
Twee persone is kritiek beseer, een ernstig en ‘n vierde het matige beserings opgedoen. Drie van die beseerdes is deur lewensondersteunende paramedici gestabiliseer voordat al vier na wagtende ambulanse teen die wal uitgehelp is. Hulle is vir verdere mediese hulp na nabygeleë mediese fasiliteite geneem.
Gemeenskapslede wat op die toneel gehelp het, is bedank en motoriste is gemaan om versigtig in die reënweer te wees.
Bron: IPSS Medical Rescue
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel