Kyk: Mosselbaai-area gasheer vir gewilde Buffalo Rally

Deel hierdie storie / Share this story

Die Buffalo Rally 2023 het hierdie naweek in die Mosselbaai-area by die ATKV-oord op Hartenbos plaasgevind. In ‘n video-opname deur Hannelie Marais kan hordes motorfietse vir elke smaak en van elke grootte in die verbyrit gesien word.

Hierdie gesogte rally lok motorfietsliefhebbers van regoor die land.

Toertjies, musiek en vele meer, tot die kies van ‘n Mej. Buff, met groot pryse op die spel, was te geniet. Die Wêreldbeker-rugby kon op ‘n groot skerm gesien word.

Mosselbaai se burgemeester en die munisipaliteit saam met besighede het die motorfietsryers verwelkom. Alle deelnemers sowel as toeskouers is vermaan om padveiligheid eerste te stel en die sogenaamde “booze bus” was ook op sy pos om drink en bestuur met zero-toelaatbaarheid hok te slaan.

Besighede in die area het selfs gratis koffie en afslag aan motorfietsryers gebied.

Bronne: Mosselbaai Munisipaliteit en Buffalo Rally 2023 Facebook-blad

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel