Baarmoederkanker by 11-jarige gediagnoseer

Deel hierdie storie / Share this story

NOORD-KAAP. – Nita-Jane van der Berg (11) van Kimberley,’n gr. 5-leerling van Laerskool Eureka, is Woensdag 18 Oktober teater toe om te kyk wat sy makeer. Daar is reeds maande lank toetse, skanderings en sonars geneem om vas te stel wat fout is.

Pa Jaco vertel wat op sonars soos ‘n poliep gelyk het, was toe eintlik ‘n massiewe glaukoma (groeisel) in haar baarmoeder.

“Dit is ongewoon vir ‘n dogter van haar ouderdom.”

Die ginekoloog het aan haar en haar familie meegedeel hy kon 90 persent van die glaukoma in die teater verwyder en het dit vir laboratoriumontleding gestuur.

Op Vrydag 20 Oktober is die kankerdiagnose gemaak en die Maandagoggend aan die gesin oorgedra. Die pad vorentoe is met hulle bespreek. ‘n RT-aftasting (CT scan) is dieselfde oggend gedoen en volgens die ginekoloog het dit nie gelyk asof die kanker versprei het nie, maar die finale patologiese uitslae word nog afgewag.

Jaco sê sy dogter is steeds baie positief en sy het ‘n baie goeie ondersteuningsnetwerk. Sy is slim en kalm oor die diagnose en met die inligting tot haar beskikking gee sy vinnig gepaste antwoorde aan maats wat nie ‘n begrip van haar situasie het nie.

“Sy is my enigste dogter, sy is ‘n vegter en sal nie moed opgee nie. Ek wil regtig net die beste behandeling  vir my kind kry.”

Vir enige ondersteuning aan Nita, wie se mediesefondsvoordele nog nie in werking getree het nie, kan die volgende skakel gevolg word:

https://www.backabuddy.co.za/nita-van-der-berg-5738939661229467920

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel