Verdagte na ‘verkragting’ deur polisie gesoek

Deel hierdie storie / Share this story

VRYSTAAT. – ‘n Lasbrief vir die inhegtenisneming van Lawrence Louis Coetzee (49) is uitgereik nadat hy na bewering ‘n tienermeisie (14) oor ‘n tydperk vanaf 2021 tot 2023 in Welkom verkrag het.

Kapt. Stephen Thakeng sê die slagoffer se ma was nie tuis tydens die beweerde verkragtings nie. Die slagoffer was alleen tuis saam met Coetzee. Sy is glo gedreig en was bang vir die verdagte, dus het sy niemand van die voorvalle vertel nie.

Gedurende April 2023 het die slagoffer ‘n WhatsApp-boodskap aan haar ma gestuur waarin sy haar ma van die beweerde verkragtings vertel het. ‘n Verkragtingsaak is daarna geregistreer en word deur die polisie ondersoek.

Thakeng sê die verdagte, wat in Seemeeupark in Welkom woon, het sedertdien inhegtenisneming ontwyk. Voorlopige ondersoek het bevind die beskuldigde het ook drie kinders in Lesotho.

Enigiemand met inligting oor waar Coetzee hom bevind, kan speur.sers. Mabote Lebone van Welkom-GKS by 082 885 2428 bel.

Bron: SAPD

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel