‘Skoolbankers’ deur onderwysdepartement ondersoek

Deel hierdie storie / Share this story

GAUTENG. – ‘n Groep leerlinge van Hoërskool President High in Ridgeway, Johannesburg, is Dinsdag uitgevang toe hulle glo by ‘n huis in ‘n kompleks in Lion Ridge skool gebank het.

Steve Mabona, woordvoerder vir die onderwysdepartement in Gauteng, sê die departement is bewus van ‘n video van die voorval wat soos ‘n veldbrand op sosiale media versprei het.

Die betrokke skool het ‘n oproep van ‘n inwoner in die kompleks ontvang. Die skool het dadelik verteenwoordigers na die huis gestuur, om uit te vind die leerlinge is reeds deur die Mondeor-polisie gehaal.

Mabona sê die departement neem die insident ernstig op en die nodige dissiplinêre stappe sal geneem word.

Matome Chiloane, die LUR vir onderwys in die provinsie, sê: “We uphold the importance of maintaining discipline and ensuring that our learners adhere to the rules and regulations of the school. As such, we are displeased at the behaviour by these learners, shown in the video footage. Learners must always be wary of negative behaviour which might implicate their future. We are working diligently to address this issue and prevent such incidents from happening in the future.”

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel