Die woord ‘kant’ in WAT namens Bongi geborg

Deel hierdie storie / Share this story

Twee weldoeners het volgens ‘n plasing op die Facebook-blad van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) die woord “kant” namens Bongi Mbonambi, Springbok-haker, geborg.

Esthe Pretorius en Michelle Burger het gister met RSG Spektrum uit Wellington in Nieu-Seeland gesels oor hulle borgskap namens Bongi van die woord “kant” wat nou wêreldwyd bekend is.

Die borgskap maak deel uit van Woordeboek van die Afrikaanse taal (WAT) se Borg ‘n woord-projek. Daarvolgens kan ‘n woord vir R100 geborg word of vir R5 000 gekoop word. In laasgenoemde geval behoort die woord dan uniek aan jou.

‘n Bohaai het losgebars nadat Mbonambi beskuldig is van ‘n “rassistiese” uitlating teenoor die Engelse flank, Tom Curry. Daar is aanvanklik gedink die voorval het Saterdag plaasgevind toe die Springbokke die Rose in die semi-finaal van die WBR gewen het, maar helaas het dit nou na vore gekom dit spruit uit ‘n voorval gedurende November 2022.

‘n Potgooi van die gesprek op RSG kan op die Facebook-blad van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal of op RSG se webblad geluister word.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel