Genl. Fannie Masemola, die nasionale kommissaris van polisie, was in bevel teenwoordig toe dwelmmiddels ter waarde van R800 miljoen vernietig is.
Brig. Athlenda Mathe sê die vernietiging het na 09:00 vanoggend begin vir dwelmmiddels waarop die polisie landswyd beslag gelê het en sluit heroïen, kokaïen, dagga en Mandrax in.
In ‘n reeks video-opnames wat beskikbaar gestel is, kan gesien word hoe 5 ton dwelms na oonde gevoer word.
Die vorige vernietiging van hierdie omvang was gedurende September 2022 in Kaapstad toe R170 miljoen se dwelmmiddels vernietig is.
Gedurende die 2022/2023 finansiële jaar is altesaam R2 biljoen se dwelmmiddels vernietig. Sommige beslagleggings is tydens hoëprofielsake gemaak.
“All these drugs are subjected to forensic testing on a regular basis by our Forensic Science Laboratory: Chemistry Section.”
Die vernietiging vind plaas nadat die hof bevel vir die aksie gee sodra bevestig word die sake gekoppel aan die dwelms, is afgehandel.
Bron: SAPD
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



