Springbok-rugbytruie vlieg van rakke

Deel hierdie storie / Share this story

Springbok-truie, veral dié vir vanjaar se Wêreldbekerrugby-seisoen, is nou hoog in aanvraag in aanloop tot die finale wedstryd Saterdag. Elkeen wil sy span in die regte uitrusting ondersteun. Indien jy egter nog nie jou trui aangeskaf het nie, gaan jy na alle waarskynlikheid sukkel, want dié items is nou so skaars soos hoendertande.

Volgens Moneyweb, wat met verskeie handelaars en bekende handelsmerkambassadeurs gepraat het, vlieg die truie van die rakke so vinnig soos wat dit by die winkels aankom. Die antwoord was telkemale dat voorraad uitverkoop is.

Jy gaan jouself gelukkig ag indien jy van die nuwer truie te koop kan kry. Jy kan ook bestel op die Springbokke se amptelike aanlyn winkel, waar jy selfs in paaiemente vir verskillende opsies kan betaal. Maar dis waarskynlik nou te laat om nog vir Saterdag ‘n trui te bekom.

Bron: Moneyweb

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel