LIMPOPO. – ‘n Man (34) is Maandag in die Waterberg-distrik as ‘n verdagte vir die moord op sy meisie in Oktober 2023 op Cradock in hegtenis geneem.
Brig. Hlulani Mashaba sê die polisie het ‘n wenk van die verdagte se ligging ontvang en dadelik opgetree. Hy is tydens ‘n takties-gedrewe operasie wat deur Mahwelereng-polisiëringsarea uitgevoer is by sy ouerhuis opgespoor, waarna hy in hegtenis geneem is.
Na bewering het hy en sy meisie ‘n argument gehad, waartydens hy haar brutaal aangerand en daarna gevlug het. Die meisie het aan haar beserings in ‘n hospitaal gesterf.
Die verdagte sal binnekort op ‘n aanklag van moord in die Cradock-landdroshof verskyn.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



