Polisie verduidelik oor polisievoertuig met meubels

Deel hierdie storie / Share this story

LIMPOPO. – Die polisie het by monde van brig. Hlulani Mashaba gesê die polisie is bewus van ‘n video van ‘n polisievoertuig wat meubels in Limpopo vervoer wat op sosiale media te sien is.

Lt.genl. Themi Hadebe bevestig die voertuig wat gesien is, was getaak om meubels na verskeie polisiestasies te neem.

Die meubels is vir die slagoffer-vriendelike spasies bedoel, byvoorbeeld ‘n kantoor of ‘n krisissentrum wat by elke polisiestasie in die land ingerig is. Hier kan slagoffers van geslagsgebaseerde en seksuele geweld met respek behandel word wanneer verklarings afgeneem word en ander noodsaaklike aspekte aan die ondersoek verwant, uitgevoer kan word.

“We need to put it on record that the SAPS Provincial Management is aware of the vehicle doing the rounds on social media. The above-mentioned vehicle was deployed on an official capacity and duly authorised to undertake the journey, of collecting equipment and furniture from Polokwane to Victim Friendly Rooms attached to police stations across the province as part of an ongoing work associated with Gender-Based Violence project. This is critical in ensuring that victims of Gender-Based Violence are treated with care and dignity.”

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel