Ongeluk eis lewens van polisielid en gevangenes

Deel hierdie storie / Share this story

GAUTENG. – ‘n Polisielid wat gevangenes van die hof af vervoer het, het gister tydens ‘n ongeluk op die M1-pad naby die Athol Oakland-afrit saam met vier gevangenes gesterf.

Kol. Dimakatso Nevhuhulwi sê die ongeluk het plaasgevind toe die bestuurder van ‘n Ford Ranger-bakkie na bewering beheer verloor het tydens ‘n insident van padwoede met ‘n ander voertuig en teen die polisievoertuig gebots het.

Die polisievoertuig wat deur die afgestorwe polisielid bestuur is, het agt manlike en twee vroulike gevangenes vervoer.

Die oorledenes is op die toneel dood verklaar terwyl ander beseerdes, onder andere die bestuurder van die Ford Ranger, hospitaal toe geneem is.

‘n Saak van strafbare manslag word deur die polisie ondersoek.

Medi Response sê gevorderde lewensondersteunende paramedici het beseerdes op die toneel gestabiliseer en na mediese fasiliteite in die area geneem.

Bronne: SAPD, Yusuf Abramjee en Medi Response

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel