VRYSTAAT. – Riaan Benadé, gewilde AIG-sanger, was Saterdag die jongste bekende slagoffer wat onder ‘n “grapjas” deurgeloop het, toe hy ‘n vertoning in Bloemfontein gelewer het.
“Ek het vanoggend so lekker gekry in Bloem om te weet ek het geld gemaak gisteraand van die ou af wat gedink het hierdie is snaaks
“
Met Benadé se goeie gesindheid het hy egter die optrede afgemaak met ‘n plasing waarin hy sê hy het geld gemaak uit dié persoon wat beide die voertuig waarmee hy gery het se bande beetgekry het.
Benadé is die tweede sanger in ‘n kort tydperk wie se voertuig by ‘n optrede skade aangedoen is.
FiND iT het voorheen soos volg oor Appel se voertuig berig:
LIMPOPO. – Appel het in ‘n sosialemediaplasing meer as sy teleurstelling uitgespreek oor twee persone wat die naweek tydens ‘n geleentheid waar hy in Modimolle (Nylstroom) in ‘n restaurantkroeg gesing het met ‘n permanente merkpen op sy voertuig geteken het.
Appel het slegs dae vantevore foto’s van sy Land Cruiser, wat spesiaal oorgetrek is, gedeel.
Hy het genoem hy en die eienaars van die perseel is op die spoor van die twee kwaaddoeners van wie een selfs op die tafel waar hulle gesit het met ‘n permanente merkpen geteken het.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



