KWAZULU-NATAL. – Lesley Stark (32) het Maandagaand gesterf toe hy ‘n buurvrou (75) wat ‘n slagoffer van ‘n beweerde huisroof was te hulp gesnel en self ernstig beseer is.
Lt.kol. Nqobile Gwala sê Stark se buurvrou was glo deur ‘n groep onbekende mans aangeval. Na bewering het die verdagtes ‘n deur oopforseer en kontant en selfone van die vrou geeïs terwyl hulle haar met vuurwapensge dreig en aangerand het.
Stark het sy buurvrou te hulp gesnel en is ten tyde van die voorval ook aangerand en gesteek. Hy kon daarin slaag om hulp te gaan soek.
Hy is in ‘n voertuig na ‘n plaaslike kliniek gehaas, maar is met aankoms dood.
Klagtes van moord en roof word deur die Ukomaas-polisie ondersoek.
Bron: SAPD
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



