Manie Jackson, bekende SA-sanger, het sy skok op sosiale media uitgespreek nadat ‘n plasing van hom op TikTok as “sensitiewe inhoud” gemerk is.
Met dié dat hy aanvanklik vermoed het sy blad is dalk gekaap, het moedeloosheid in verbasing en skok verander toe hy sien dit is een van sy gospelliedjies wat as “sensitiewe inhoud” gemerk is.
Lees sy plasings hier onder:
My magtag….. So gaan ek by my TikTok in, en kry dadelik n kennisgewing dat daar “Sensitive content” op my blad geplaas is, en ek raak sommer moedeloos en dog my goed is daar gehack….
Ek gaan loop toe maar gou-gou ‘n draai, want ek wil nie hê sekere mense moet hoor, as daar vreemde, snaakse, skreeugeluide uit my foon kom nie, want dis mos nou juis hoe ‘n onskuldige man soos ek, kniediep in moeilikheid kan beland, en dan verstaan niemand mos dat dit nie JY was nie.
En jy kon my behoorlik omtik met n veertjie, toe ek hoor dat dit een van my gospelliedjies is, wat gerapporteer is as “Sensitive content’
So ja…..
Al wat ek vir TikTok kan sê, is dat die Kruisiging van Jesus Christus wel baie “Sensitive content” behels het, maar danksy daai “Sensitive content”, is daar vir ons almal Genade, en God gaan die Laaste Sensitiewe Woord inkry, met die Wederkoms
I am writing this in English, so that everyone, all over the world, can see just for what, and against WHO TikTok work. The song is a duet between me and my producer, the late Dennis East, singing about the crucifixion and they mark this Gospel song, as “Sensitive content”, falling in the same category as porn, sex and violence.
God saw EVERYTHING…..
Bron: Manie Jackson
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



