‘Wandelende’ krokodil terug in water

Deel hierdie storie / Share this story

KWAZULU-NATAL. – Die krokodil wat verlede Woensdagaand agter Sundumbili-polisiestasie gevind en veilig gered is, is vrygelaat.

IPSS S&R, wat die reddingsekspedisie begin het nadat hulle die ongewone oproep vir hulp ontvang het, sê die volwasse krokodil “wat homself oorhandig het” is na die noorde van KZN vervoer waar hy deur Ezemvelo-spanne ondersoek is.

Hy is in ‘n rivier war ander krokodille hou, vrygelaat nadat vasgestel is daar skort niks met sy gesondheid nie.

IPSS S&R het al die rolspelers wat betrokke was, bedank, veral Ezemvelo en Ashton Musgrave wat help seker maak het die krokodil kry ‘n veilige nuwe tuiste.

Bron: IPSS S&R

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel