Baba deur huiseienaar in erf gevind

Deel hierdie storie / Share this story

KWAZULU-NATAL. – ‘n Babameisie wat vermoedelik nog nie ‘n week oud is nie, is Saterdag deur ‘n huiseienaar in sy erf in die Sudumbili-area gevind.

IPSS Medical Rescue sê met aankoms by die huis is paramedici na die agterkant van die erf geneem waar die huiseienaar die baba ontdek het.

Die baba, wat in goeie gesondheid blyk te wees, is vir assessering na ‘n nabygeleë kliniek geneem.

Polisie van Sudumbili was op die toneel waarna ‘n dossier vir kinderverlating geregistreer is en ondersoek word.

IPSS Medical Rescue

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel