KWAZULU-NATAL. – ‘n Man (53) van Zwelisha wat Vrydagoggend omstreeks 01:00 laas gesien is toe hy badkamer toe is, se liggaam is omstreeks 07:22 die oggend by die beginpunt van ‘n brug gevind.
Reaction Unit South Africa sê die man het glo sy vrou wakker gemaak en vir haar gesê hy ondervind krampe en diarree, waarna hy die huis verlaat het om die buitetoilet te gebruik.
Die vrou het glo weer aan die slaap geraak en ‘n uur later wakker geword en besef hy is nie terug nie. Sy kon hom nie in die erf vind nie. Toe dit lig word, het sy na bewering ongeveer 30 meter van hul erf op sy liggaam afgekom. Hy het nie klere aan sy onderlyf gehad nie.
Omstandighede wat tot sy dood gelei het, is nie bekend nie.
Bron: Reaction Unit South Africa
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



