Bejaarde tydens huisroof beseer

Deel hierdie storie / Share this story

Waarskuwing! Nie vir sensitiewe lesers nie.

KWAZULU-NATAL. – ‘n Bejaarde man (75) is Vrydag tydens ‘n beweerde huisroof in Everest Heights beseer.

Reaction Unit South Africa sê reaksiebeamptes het die beseerde bejaarde, wat kopbeserings opgedoen en baie gebloei het, omstreeks 11:18 op die toneel aangetref.

Na bewering het drie verdagtes toegang tot die huis gekry en vyf persone wat vir gebed voorberei het, aangehou. Die slagoffer is met ‘n pistool geslaan voordat al vyf na een van die slaapkamers gedwing is.

Hierna het die slagoffers glo ‘n groot kluis teen ‘n stel trappe afgerol en op ‘n onbekende voertuig gelaai, waarna hulle gevlug het.

Dit is onbekend wat in die kluis was.

Die bejaarde slagoffer wat erge beserings opgedoen het, is gestabiliseer en in ‘n hospitaal opgeneem.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel