Kuberkraker lek miljoene rekords van 23andMe se gebruikers

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Lily-mynwerkers amptelik dood verklaar deur hof

Die kuberkraker wat twee weke gelede genetiese data van die Amerikaanse firma 23andMe gelek het, het weer miljoene genetiese rekords van nuwe gebruikers gesteel.

Die kuberkraker bekend as Golem het vier miljoen gebruikers se inligting op BreachForums bekend gemaak. Die inligting wat uitgelek is, sluit gebruikers- en genetiese inligting in.

Die inligting wat nou gesteel is. is hoofsaaklik van mense in die VK., VSA en wes-Europa.

23andMe het twee weke gelede gesê die kuberkraker kon die inligting steel, omdat mense wagwoorde oor verskeie platforms hergebruik.

Die 23andMe-woordvoerder het gesê hulle ondersoek die nuwe lekkasie.

Bronne: Tech Crunch, Slash Dot, Threats Hub

Lees ook: Lily-mynwerkers amptelik dood verklaar deur hof