Lees ook: Malema beskuldig landdros van korrupsie in vuurwapensaak
NELSPRUIT. – Die landdroshof in Nelspruit het gister drie Lily-mynwerkers amptelik dood verklaar en gesê hulle het op 5 Februarie 2016 gesterf.
Solomon Nyirenda, Yvonne Mnisi en Pretty Winnie Nkambule is in Februarie 2016 ondergronds vasgekeer. Hulle liggame is nooit gevind nie.
Die hof het bevind die oorsaak van hulle dood was die ingee van die houer waarin hulle was, toe dit deur klippe en puin getref is. Die hof het ook bevind die drie se dood is veroorsaak deur die myneienaars wat nie behoorlike assesserings, soos deur die wet vereis is, gedoen het nie.
Bronne: eNCA, Moneyweb, The Citizen
Lees ook: Malema beskuldig landdros van korrupsie in vuurwapensaak



