Malema beskuldig landdros van korrupsie in vuurwapensaak

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Vuurwapensaak teen Malema en lyfwag gaan voort

OOS-LONDEN. – Julius Malema het die landdros in sy vuurwapensak van korrupsie beskuldig.

Dit volg na landdros Twanet Olivier sy aansoek om die saak teen hom te laat vaar van die hand gewys het. Malema word beskuldig daarvan dat hy met ’n vuurwapen by die EFF se bestaansjaarviering in 2018 in die lug geskiet het.

Malema het gesê Olivier is “korrup en onbevoeg” na sy die saak moes laat staan omdat sy van haar notas in haar kantoor vergeet het. Hy het ook gesê hy dink nie dit was haar besluit nie, dat dit ‘n “geborgde beslissing” was.

Die saak is tot Julie 2024 uitgestel.

Bronne: EWN, The Citizen, News365

Lees ook: Vuurwapensaak teen Malema en lyfwag gaan voort