WES-KAAP. – Zakariyah Noble (6) is Maandagmiddag dood nadat hy omstreeks 17:30 tydens ‘n skietery in Surwoodstraat in Hanoverpark raakgeskiet is. Hy is in die bolyf getref.
Lt.kol. Malcolm Pojie sê die kind het ‘n skietwond in die bolyf opgedoen toe hy vermoedelik in strydende bendes se kruisvuur vasgevang en getref is.
Pojie sê die polisie se teen-bende-eenheid het gisteroggend vroeg drie verdagtes, onderskeidelik 20, 21 en 30, vir die moord in hegtenis geneem. Hulle sal in die Athlone-landdroshof verskyn nadat hulle aangekla is.
Die polisie op Philippi het intussen sigbaarheid en misdaadvoorkoming in probleemareas verhoog om die onwettige besit van vuurwapens en die bedreiging van gemeenskap se lewens aan te spreek.
Kieyamodien Noble, Zakariyah se pa, het die volgende in ‘n plasing gesê: “He was my best friend who at time gave me hope and inspired me to push myself as a father and also as a husband.”
Bron: SAPD
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



