Lees ook: Vroulike Hamas-leier dood in lugaanval
GAZA. – Intelligensie-agentskappe in die VSA het gesê die dodetal in die Al-Ahli hospitaalontploffing is minder as wat Hamas aanvanklik gesê het.
Die VSA sê tussen 100 en 300 mense het omgekom, terwyl Hamas aanvanklik bekend gemaak het 500 mense is dood. Hamas het later gesê 471 mense is dood en 314 is beseer.
Sowat1 400 mense is in Israel dood sedert 7 Oktober toe Hamas Israel aangeval het. Volgens die Palestynse gesondheidsminister is 3 785 persone in Gaza dood.
Altesaam 203 persone, waarvan 100 steeds vermis is, is deur Hamas ontvoer.
Die Israel weermag is glo besig om voor te berei vir ’n grondaanval na dae van lugaanvalle en het gevra inwoners van Gaza moet die stad ontruim.
Bronne: ABC News, Yahoo Finance, CNN
Lees ook: Vroulike Hamas-leier dood in lugaanval



