Vyfjarige dood na hy ‘geskok’ het

Deel hierdie storie / Share this story

WES-KAAP. – ‘n Vyfjarige is Maandagmiddag omstreeks 17:00 in Ashsingel Hanoverpark oorlede na hy glo doodgeskok het.

Lt.kol. Malcolm Pojie sê die seun het na bewering met elektrisiteit geskok en is vir mediese hulp na ‘n plaaslike mediese fasiliteit geneem.

“Hy was ongelukkig reeds oorlede.”

‘n Geregtelike doodsondersoek is by die Philippi-polisiestasie geregistreer. Die omstandighede van die kind se dood is deel van die polisie se ondersoek.

Die polisie versoek die gemeenskap wat inligting van die insident het om na vore te kom, of speur.lt.kol. Gavin Sias by 082 469 7243 te bel.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel