VRYSTAAT. – Palesa Kutoane (4) en Bohlale Kutoane (3) is Dinsdag omstreeks 17:30 by die Multi Purpose Centre in Mokwallo in Vredefort dood verklaar.
Kapt. Loraine Earle sê die polisie het alle bewysstukke vir die geregtelike doodsondersoek ingesamel wat voortgaan.
FiND iT het voorheen soos volg berig:
VRYSTAAT. – Die dood van twee kleutermeisies, onderskeidelik 3 en 4 jaar oud, word deur die polisie op Vredefort ondersoek.
Kapt. Loraine Earle sê die kleuters is by die Multi Purpose Centre in Mokwallo dood verklaar.
Lt.genl. Baile Motsenyane het die gemeenskap gevra om nie hul eie afleidings te maak nie en om die polisie toe te laat om hul werk te doen. Die situasie is tans kalm en word deur OOP gemonitor.
‘n Geregtelike doodsondersoek is geopen om die oorsaak van die kleuters se dood vas te stel. Ondersoekers volg alle wenke op, veral oor wat die twee kinders in die laaste 24 uur voor hulle dood geeët en gedrink het.
Geen inhegtenisnemings is tot dusver gemaak nie.
“We want to assure the community of Mokwallo that as soon as the post-mortem process has been completed and the results thereof proves that any specific person must carry the responsibility for their deaths, that individual will face the full might of the law,” sê lt.genl. Motswenyane.
Bron: SAPD
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



