Matrikulante van Kimberley-area oor veiligheid gemaan

Deel hierdie storie / Share this story

NOORD-KAAP. – Matrikulante van Kimberley en die omliggende area wat hulle matriekafskeid gaan vier, word deur die polisie gemaan om veiligheid eerste te stel.

Kapt. Cherelle Ehlers sê terwyl matrikulante gaan feesvier, moet hulle waaksaam bly en veiligheidsmaatreëls in ag neem.

Matrikulante moenie in ‘n voertuig klim saam met iemand wat nie aan hulle bekend is nie, al ken die persoon jou naam. Moenie vreemdelinge ‘n saamrygeleentheid in jou voertuig gee nie. Probeer om nie in verlate areas stil te hou nie. Parkeer in verligte areas en wanneer iets verdag lyk, ry weg.

Moenie oop drinkgoed van iemand aanvaar wat jy nie ken nie. Wees ingelig oor die gevare verbonde aan minderjariges wat alkohol gebruik.

Lig altyd jou ouers in waar jy is en wanneer jy gaan terugkeer. Moenie alleen rondloop nie, loop in ‘n groep en in verligte areas. Wees op die uitkyk vir vreemde mense en voertuie.

Jou liggaam is privaat en jy het die reg om “nee” te sê en om hulp te vra. Sorg dat jy noodnommers ken en op jou selfoon bêre vir wanneer jy dit nodig mag kry.

Bron: SAPD

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel