Vroulike Hamas-leier dood in lugaanval

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Oorlog tusen Israel en Hamas eis duisende

ISRAEL. – Die eerste vroulike politieke leier van Hamas is deur die Israelse weermag in ’n lugaanval gedood.

Jamila Abdallah Taha al-Shanti is vanoggend in ’n lugaanval dood. Haar man was ’n stigter en keier van Hamas. Hy is in 2004 deur die Israelse weermag doodgemaak.

Nog teikens is glo deur die nag getref, insluitend tien Hamas-terroriste en die hoof van die militêre tak van die Popular Résistance Committees.

Die Israel-weermag het duisende troepe op die Gaza-grens waar hulle gereedmaak vir ’n grondaanval. Die doel is om Hamas uit te roei.

Sowat 1 400 peesone het reeds sedert 7 Oktober in Israel omgekom, asook 2 800 Palestyne.

Bronne: Express, The Times of Israel, EFE

Lees ook: Oorlog tusen Israel en Hamas eis duisende