Hoërskool DF Malan se naam verander dalk binnekort

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Vroulike Hamas-leier dood in lugaanval

WES-KAAP. – Hoërskool DF Malan se naam verander dalk binnekort ná die poging om dit te verhinder in die Wes-Kaapse hooggeregshof afgekeer is.

Die skool is vernoem na dr. DF Malan, wat as een van die argitekte van apartheid gesien word. Die skoolbeheerliggaam het besluit om die naam eerder na DF Akademie te verander. Dit volg na hulle verskeie skriftelike versoeke vir ‘n naamsveranderinge gekry het aangesien die huidige naam “onsensitief” is.

Die beheerliggaam van die skool het in 2021 die proses begin om die naam te verander, maar vier persone het besluit om die besluit teen te staan. Hulle argument was die beheerliggaam se proses om die naam te verander was verkeerd en hulle het nie die mag om die naam te verander nie.

Die hof het beslis die beheerliggaam mag die naam verander en die vier mans se hofaansoek is afgekeer.

Bronne: IOL, News24, Cape Town ETC, EWN

Lees ook: Vroulike Hamas-leier dood in lugaanval