Duitse masels neem toe in Khayelitsha

Deel hierdie storie / Share this story

WES-KAAP. – Die voorkoms van Duitse masels neem sedert die tweede week in September week na week in dié provinsie toe, terwyl sporadiese gevalle reeds regdeur die land aangemeld is.

Dr. Nishi Prabdial-Sing sê die laboratoriumbevestigde gevalle kom in Khayelitsha voor, waar 19 aanmeldings deur serologiese toetsing in die ouderdomsgroep 5 tot 9 jaar oud was.

Meer kliniese aanmeldings in Khayelitsha, wat nie deur laboratoriumtoetsing bevestig is nie, is deur NIOS ontvang.

NIOS sê seisoenale Duitse masels kom gewoonlik van die eerste week in September af voor.

Van 2020 tot 2023 was minder as 50 gevalle aangemeld, wat aandui die Covid-tydperk het die oordra van Duitse masels verminder.

“As the country has not experienced the usual seasonal rubella outbreaks, we are likely to see a large number of cases in 2023.”

Duitse masels is ‘n matige kindersiekte wat met ‘n uitslag, koors, naarheid, seer keel, rooi oë, kopseer, loopneus, hoes en geswelde limfkliere in die nek, gepaard gaan. Die uitslag begin in die gesig en nek voordat dit na die res van die lyf versprei en duur gewoonlik vyf dae.

Dit is gevaarlik vir swanger vroue om veral gedurende die eerste drie maande van swangerskap Duitse masels op te doen.

Die siekte kan deur middel van inenting voorkom word.

Bron: Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel