Oorlog tusen Israel en Hamas eis duisende

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Dodetal in Israel-Hamas-oorlog styg

GAZA. – Kenners het gewaarsku omstandighede in Gaza is besig om gevaarlik agteruit te gaan vandat Hamas Israel op 7 Oktober aangeval het. Reddingswerkers in Gaza het die toestand as ‘n “totale ramp” beskryf.

Daar is tekorte aan skoon water en kos terwyl die inwoners probeer vlug van lugaanvalle en ’n grondaanval wat die naweek geloods is.

Israel se weermag het Saterdag gesê hulle beplan aanvalle vanuit die lug, grond en see.

Minstens 2 670 mense is in Gaza dood na Israel se lugaanvalle en 9 600 is gewond. Minstens 1 400 mense het in Israel omgekom en 3 621 mense is beseer.

Die Gaza-inwoners is deur Israel aangesê om te ontruim, maar Hamas het hulle gewaarsku om in hulle wonings te bly. Die hospitale en skuilings is vol. Brandstof is min en daar is nie meer genoeg lyksakke vir die dooies nie.

Bronne: CNN, Financial Express, Wion News, Punjab News Express

Lees ook: Dodetal in Israel-Hamas-oorlog styg