KWAZULU-NATAL. – ‘n Verhuurder van ‘n eiendom in Riverviewstraat in Ottawa is glo Sondagmiddag deur sy huurder en nog makkers vermoor toe hy uitstaande huurgeld wou hê.
Reaction Unit South Africa sê met aankoms op die toneel was Verulam-polisielede reeds teenwoordig.
Na bewering het die eienaar van die eiendom uitstaande huurgeld geeïs waarna ‘n woordewisseling ontstaan het. Die huurder het glo die eiendom verlaat en met twee mans teruggekeer. Die verhuurder is verskeie kere gesteek voordat die mans glo te voet gevlug het.
Ander huurders het die oorledene hoor roep en het die owerhede ontbied.
Bron: Reaction Unit South Africa.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



