Amazon binnekort in Suid-Afrikaanse mark

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Eskom sê geen beurtkrag vir naweek nie

Amazon het onlangs aangekondig Amazon.co.za sal volgende jaar in Suid-Afrika geloods word. Amazon sal hulle eie produkte in die land verkoop en ook aan plaaslike verkopers ’n nuwe platform gee om hulle goedere te verkoop.

Hulle hoofkompetisie sal Takealot, Makro en Bob Shop in die e-handelsektor wees. Takealot het gesê hulle is nie bekommerd oor Amazon wat in Suid-Afrika gaan verkoop nie.

Amazon moedig tans plaaslike verkopers aan om teen slegs R1 per maand by hulle aan te sluit en goedere deur hulle webtuiste te verkoop.

Bronne: Daily Investor, News24, IOL

Lees ook: Eskom sê geen beurtkrag vir naweek nie