Vier dood toe motorboot omslaan

Deel hierdie storie / Share this story

GAUTENG. – Vier mense is Saterdagmiddag dood toe ‘n motorbooot omstreeks 16:50 in die Vaalrivier, by Drie Riviere, Vereeniging omgeslaan het.

CERT (Community Emergency Response Team) in die Vaaldriehoek is na die toneel met inligting van ‘n boot met 10 persone aan boord wat omgeslaan het.

Vier persone het tydens die insident verdrink. Ses ander is op die toneel geassesseer, maar het vervoer na ‘n hospitaal van die hand gewys.

CERT het verskeie rolspelers vir uitsonderlike spanwerk op die toneel bedank. Dit sluit Netcare911 , ER24 EMS (Pty) Ltd. . , Gauteng Emergency Medical Services , Sharp Med EMS, Emfuleni Fire Department , South African Police Service Waterwing, en SSG Security in.

BRON: CERT

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel