Lees ook: ANC aan die kant van die Palestyne – Fikile Mbalula
Die ANC se sekretaris-generaal Fikile Mbalula het gesê die ANC is bekommerd oor onwettige buitelanders wat die ekonomie in informele nedersettings oorheers.
Dit volg na nog twee kinders glo op Vredefort dood is na hulle eetgoed by ’n spazawinkel gekoop het. Twee weke gelede is vier kinders in Soweto en die Wes-Rand in soortgelyke omstandighede oorlede.
Daar is ook voorvalle aangemeld van vervalste kosprodukte wat deur spazawinkels verkoop word.
Mbalula het gesê die situasie gaan nie meer geduld word nie, want dit plaas die lewens van Suid-Afrikaners in gevaar.
Hy het gesê die sluiting van die spazawinkels is op hande en die mense moet in hegtenis geneem word. Hy het ook gesê Suid-Afrikaners huur hulle winkels en kamers uit vir immigrante sonder die nodige dokumente.
Bronne: IOL, Daily Maverick, EWN
Lees ook: ANC aan die kant van die Palestyne – Fikile Mbalula



