Israel-weermag stel beeldmateriaal vry wat bewys hospitaal staan nog

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Dodetal in hospitaalontploffing minder as wat Hamas gesê het – VSA

ISRAEL. – Die Israelse weermag het beeldmateriaal van ’n hommeltuig vrygestel om te wys die Al-Ahli-hospitaal staan nog.

Dit wys meeste van die skade is in die parkeerarea aangerig, maar daar is geen krater gelos deur ‘n lugaanval nie. Hulle het gesê dit bewys die aanval het nie van hulle af gekom nie.

Die geboue rondom die hospitaal is ook nie beskadig nie. Die Israelse weemag het gesê die ontploffing is veroorsaak deur ’n missiel wat deur die Palestynse Jihad afgevuur is wat van koers af gegaan het.

Bronne: The Times of Israel, X, CNN

Lees ook: Vrou van Noord-Kaap tot 15 jaar tronkstraf gevonnis vir man se moord