Vrou van Noord-Kaap tot 15 jaar tronkstraf gevonnis vir man se moord

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Wittebroodspaar in Uganda vermoor

DE AAR. – ’n Vrou van die Noord-Kaap wat haar man doodgesteek het na ’n argument op die Vloekpoort-plaas is tot 15 jaar tronkstraf gevonnis.

Mietjie Steenkamp (41) en haar man Piet America (55) was op 29 Julie 2023 by vriende toe die twee in ’n argument betrokke geraak het oor wyn. Steenkamp het ’n mes gevat en America onder die oor gesteek, waarna hy oorlede is.

Die saak is by die polisie aangemeld en sy is die volgende dag in hegtenis geneem op aanklag van moord.

Bronne: IOL, The Africa, News24

Lees ook: Wittebroodspaar in Uganda vermoor