Vier jaar tronkstraf toe klip baba se kop tref

Deel hierdie storie / Share this story

NOORD-KAAP. – Basie Mock (39) is Maandag deur die Galeshewe-streekshof in Kimberley vir vier jaar tronk toe gestuur. Hy is vir poging tot moord skuldig bevind nadat hy op 14 Januarie ‘n klip gegooi het wat ‘n ses maande oue baba teen die kop getref het.

Sers. Molefi Shemani sê Mock het tydens ‘n bakleiery wat sy bure gehad het, ingetree. Hy het ‘n klip opgetel en na die paartjie gooi wat toe die baba getref het.

Die baba het lewensbedreigende breinbeserings opgedoen waarna Mock vir poging tot moord aangekla is.

Hy is in die hof skuldig bevind en is vier jaar effektiewe tronkstraf opgelê.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel