Lees ook: Vroulike Hamas-leier dood in lugaanval
Die ANC het gesê dit gaan aan die “regte kant” van die geskiedenis wees wanneer die stof gaan lê terwyl dit voorberei om môre buite die Israelse ambassade te betoog in solidariteit met die Palestyne.
Die sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, het gesê die ANC is aan die kant van die Palestyne en niemand in die land moet hulle va om hulle te versaak nie.
Mbalula het ook gesê mense moet ophou om die minister van internasionale betrekking en samewerking, Naledi Pandor, te kritiseer oor haar foonoproep met Hamas; sy het net haar werk gedoen.
Hy het ook gesê enigiemand wat hulp aan Gaza wil stuur, moet met Hamas praat.
Bronne: 702, News24, EWN
Lees ook: Vroulike Hamas-leier dood in lugaanval



