Kyk: Pasiënte klim uit ambulans en steel drank

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Lily-mynwerkers amptelik dood verklaar deur hof

VRYSTAAT. – Die Vrystaatse departement van gesondheid het die optrede van pasiënte wat uit ’n ambulans geklim het om drink wat van ’n trok afgeval het, te gaan steel, gekritiseer.

Hulle was op pad van die dr. JS Moroka-hospitaal na die Pelonomi- tersiêre hospitaal vir spesialisversorging.

‘n Trok was skuins oor die pad gedraai met drank wat gestrooi gelê het. Die ambulans het stilgehou, die pasiënte het uitgeklim en bottels en blikkies drank begin optel. Hulle het toe weer daarmee in die ambulans geklim.

Bronne: SowetanLIVE, X, News24

Lees ook: Lily-mynwerkers amptelik dood verklaar deur hof