Rugbyaanhangers kan net nie genoeg kry van die oomblik toe Cheslin Kolbe verlede week teen die Franse sy teenstanders en aanhangers verras het met ‘n blitsige stormloop waarmee hy ‘n skop van Thomas Ramos gestuit het.
Die stormloop is agterna oor en oor deur rugbyaanhangers en -kenners bespreek. Die gevolgtrekking is dat Kolbe geen reëls in die proses verbreek het nie. Sy tydsberekening en spoed was eenvoudig fenomenaal.
Die opname wat deur Mzansi Memes, Edwin Mathews en meer gedeel is, is volgens Wales Online reeds meer as 1,5 miljoen keer gekyk.
Bronne: Wales Rugby Online, Global Sports News en Planet Rugby
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



