LEES OOK: Nasionale Verbruikerstribunaal gee Vodacom ‘n boete van R1 miljoen
Adv. Glynnis Breytenbach, DA-parlementslid, is uit die Nasionale Vergadering geskop nadat sy geïnsinueer het adv. Kholeka Gcaleka se intieme verhouding met die voormalige direkteur van openbare vervolging, Menzi Simelane, het daartoe gelei dat sy vinnig bevorderings gekry het toe sy nog ‘n aanklaer was. Breytenbach het aan die debat deelgeneem om die aanstelling van Gcaleka as die volgende openbare beskermer aan te beveel.
“Sy was betrokke by die Mdhluli-aangeleentheid wat nie as ‘n sukses beskou kan word nie. Sy skuldigbevinding op grond van sulke afgewaterde aanklagte het daartoe gelei dat tot vandag toe nie rekenskap van die moord op mnr. Oupa Ramogibe gegee kan word nie. Sy het ’n baie gesellige verhouding en sommige sê selfs ’n intieme verhouding met haar baas, die taamlik onaangename Menzi Simelani. Dit het gelei tot vinnige bevorderings en haar baie aktiewe rol ter ondersteuning van die kaping van die NVG,” het Breytenbach gesê.
Daarna het die spreker van die Nasionale Vergardering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula die DA-lid gevra om die debat te verlaat.
#DA #Breytenbach #Parlement #Gcaleka #Afrikaans #Nuus
Bronne gebruik: SABC Nuus;



