Sekuriteitswag tydens ‘roof’ in buik geskiet

Deel hierdie storie / Share this story

KWAZULU-NATAL. – ‘n Sekuriteitswag is vanoggend ernstig beseer toe hy tydens ‘n beweerde roof ‘n skietwond in sy buik in John Zihalistraat in Essenwood, Durban, opgedoen het.

Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê hulle is ongeveer 09:00 na die toneel ontbied.

Die ernstig beseerde sekuriteitswag is deur gevorderde lewensondersteunende paramedici gestabiliseer voordat hy vir verdere behandeling na Ahmed Al Khadi- privaat hospitaal geneem is.

Na bewering is die sekuriteitswag tydens ‘n roof geskiet.

Polisie was op die toneel teenwoordig en is besig om die voorval te ondersoek.

Bron: ALS Paramedics

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel