Will Smith reageer op Jada Pinkett-Smith se uitlatings

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Jada Pinkett-Smith sê sy en Will Smith is al sewe jaar ‘uitmekaar’

VSA. – Will Smith (55) het ’n e-pos aan die New York Post gestuur na Jada Pinkett-Smith se uitlatings dat hulle al sedert 2016 “uitmekaar” is.

Smith het na bewering in die e-pos gesê hy het ’n “emosionele blindheid” aangaande sy vrou ervaar en dat haar uitlatings hom “laat wakker skrik het”.

Smith het gesê hy verstaan nou dat Pinkett-Smith “meer slim, barmhartig en veerkragtig is as wat hy verstaan het”.

’n Bron naby aan die familie het gesê die paar se kinders is “verlig” dat hulle ma die waarheid erken het.

Pinkett-Smith het gesê die paar lei al jare aparte lewens en is besig om hulle toekoms “uit te pluis”.

Bronne: IOL, Hollywood Life, StyleCaster

Lees ook: Jada Pinkett-Smith sê sy en Will Smith is al sewe jaar ‘uitmekaar’