Chris Else het terugvoer gegee nadat Clara, sy en Chanelle se babadogter, in die hospitaal opgeneem was.
Else sê hulle het wel die nag nie ‘n oog toegemaak nie, maar Clara is tuis en het volgens die dokters ‘n moontlike allergiese reaksie gehad. Sy voel nog nie beter nie, haar oë is steeds geswel, maar haar ouers hou haar dop vir koors.
“…as daar tekens is van koors gaan ons dadelik terug dan word sy opgeneem maar ons vertrou dit sal nie gebeur nie!”
Else het almal vir hul gebede bedank.
“God is goed! Al die eer aan U, U is getrou.!”
FiND iT het só berig:
Chris Else, SA-sanger, het ongeveer 11 uur gelede ‘n plasing op sosiale media gemaak om te sê Clara, sy en Chanelle se babadogter, amper agt maande oud, is in die hospitaal opgeneem.
Die kleinding sukkel volgens Else met asemhaling en haar gesig is geswel.
Terwyl dokters toetse uitvoer om vas te stel wat met Clara fout is, het Else voorbidding vir haar gevra.
“Bid asb. saam met ons, Clara is in die hospitaal. Drs. doen toetse om vas te stel wat fout is, haar gesig is geswel en sukkel met asemhaal
“
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



