Kliënt skiet glo motorwerktuigkundige dood

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Dodetal in Israel-Hamas-oorlog styg

TSHWANE. – Die Tshwane-metropolisie het ’n voertuig met die liggaam van ’n man wat doodgeskiet is op die pad gekry. Die ligte van die voertuig was nog aan.

’n Ooggetuie het inligting aan die metropolisiebeamptes gegee wat hulle na die verdagte gelei het. ‘n Verdagte is naby Soshanguve in hegtenis geneem met ’n vuurwapen en ammunisie in sy besit.

Die metropolisie het uitgevind die slagoffer was ’n motorwerktuigkundige wat die verdagte se voertuig moes regmaak.

Die mans het glo in die motorwerktuigkundige se voertuig in ’n argument betrokke geraak wat daartoe gelei het dat die kliënt die motorwerktuigkundige geskiet het.

Bronne: IOL, The Citizen, Ghanamma

Lees ook: Dodetal in Israel-Hamas-oorlog styg