Sekuriteitsbeampte en taxibestuurder vasgetrek vir ‘diefstal van polisie-diesel’

Deel hierdie storie / Share this story

VRYSTAAT. – ‘n Sekuriteitsbeampte (40) wat by die polisie-motorhawe in Welkom gewerk het, is in die vroeë oggendure saam met ‘n taxibestuurder (37) vasgetrek, nadat hulle glo diesel van die polisie gesteel het.

Sers. Mahlomola Kareli sê lede wat in die kliëntedienssentrum aan diens was, het inspeksie gedoen en ‘n minibustaxi voor die motorhawe opgemerk.

Na bewering het die lede die minibustaxi genader, wat met ‘n spoed probeer wegtrek het. Die voertuig is egter voorgekeer en deursoek. Twee 25 liter kanne diesel en ‘n pyp wat vermoedelik gebruik word om diesel vanuit polisievoertuie te steel, in die minibustaxi gevind.

Die polisielede het die taxibestuurder in hegtenis geneem en tydens ondersoek ook die sekuriteitsbeampte wat by die motorhawe aan diens was.

Beide sal binnekort vir diefstal van staatseiendom in die Welkom-landdroshof verskyn.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel