Sakeman dood in plas bloed gevind

Deel hierdie storie / Share this story

LIMPOPO. – Johan Kruger (65) van Ellisras (Lephalale) is Saterdag omstreeks 14:00 met ‘n skietwond dood in sy droogskoonmakersbesigheid aangetref.

Medelye stroom in vir Ellisrassers wat deur Kruger se dood geruk is.

Kol. Malesela Ledwaba sê die polisie in die Waterberg-distrik is sedertdien na verdagtes op soek.

Na bewering het ‘n werknemer opgemerk die deur van die besigheid is oop en het die eienaar geroep. Hy het glo geen reaksie gekry nie en ingegaan waarna hy die eienaar op sy rug in ‘n plas bloed aangetref het. Die werker is dadelik uit om hulp te soek en die polisie en nooddienste te ontbied.

Kruger is op die toneel dood verklaar. Die motief vir sy moord is onbekend en is deel van die ondersoek. Die voorlopige ondersoek het onthul kameras wat op die gebou aangebring was is glo tydens Kruger se moord van die gebou geruk en gesteel.

Enigeen wat inligting van die misdaad het, word versoek om lt.kol. Johannes Hlongwane by 082 565 7968 te bel.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel