LIMPOPO. – ‘n Polisiesersant (41) verbonde aan Tembisa-polisiestasie en sy vrou (37) is gisteroggend met noodlottige skietwonde in ‘n plas bloed deur hul seun (20) gevind.
Kol. Malesela Ledwaba sê die polisie is Saterdagoggend omstreeks 07:30 na ‘n klagte van ‘n skietery na die huis. Met aankoms is die lewelose liggame van die egpaar met ‘n vuurwapen langs die man aangetref.
Ledwaba sê die egpaar het na bewering Vrydagaand omstreeks 21:00 ‘n argument in hul slaapkamer gehad. Hulle seun het besluit om die volgende oggend huis toe te gaan en het glo op die liggame van sy ouers afgekom.
Die motief vir die insident is nie bekend nie, maar huishoudelike geweld kan volgens Ledwaba nie uitgesluit word nie. Die sersant was met vakansieverlof.
Polisielede van Motetema ondersoek die moord en is besig met ‘n geregtelike doodsondersoek.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



