GAUTENG. – Ronaldo Joubert het besluit om op die mees unieke manier na sy matriekafskeid van Hoërskool Garsfontein te gaan en is op versoek in ‘n spesiale afleweringsboks deur The Courier Guy afgelewer.
Lanie Claassen, Joubert se ma, het met Johan Murray, die area-bestuurder gesels en kort voor lank het die beplanning begin nadat hoofkantoor toestemming gegee het.
‘n Boks is van Pudo verkry en spesiaal versterk, waarna Joubert selfs in die klein spasie kon verklee.
Twee afleweringsbeamptes, netjies in pakke, het die aflewering met ‘n duidelike opdrag “Do Not Return To Sender” behartig. Daar is selfs vir Joubert se ontvangs geteken voordat hy uit die boks kon klim en sy skoolloopbaan op gepaste wyse kon afsluit.
Murray het gesê hierdie unieke versoek was ‘n uitsondering.
Bron: The Courier Guy en Hoërskool Garsfontein
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



