OOS-KAAP. – Vier beweerde bendelede is gisteroggend in ‘n huis in Vaaldam op Humansdorp doodgeskiet gevind.
Maj.genl. Zithulele Dlala versoek die gemeenskap om diegene wat vir die moorde verantwoordelik is, te help opspoor.
Daar word vermoed die insident is moontlik bendeverwant. Die verdagtes is tans onbekend.
Die polisie ondersoek vier klagtes van roof en vra enigiemand met inligting van die voorval om speur.AO Zuan Nepgen by 081 234 7783 te bel.
Bron: SAPD
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



